Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Laer Paarl Blues sit segetog voort

Laer Paarl Blues sit segetog voort
 
2009-04-23


IN ’n wegwedstryd waartydens Laer Paarl Blues in die eerste helfte net nie aan die gang kon kom nie, het hulle hulself in die tweede helfte reggeruk om Young Standards met 17-7 te troef.

Te veel onnodige hanteerfoute en verkeerde opsies het veroorsaak dat die Blues hulself onder druk geplaas het.

Ná rustyd het die Blues egter die wedstryd oorheers.

Onder die voorspelers het veral die lostrio uitgeblink met hul aanvallende spel, met Randall Hefca en Donnie Fredericks aan die voorpunt.

Veral Fredericks het die oog gevang met skitterende kraglopies en sy uitstekende aanvoeling vir die spel. Fredericks se aggressiewe spel het ook daartoe gelei dat hy amper ’n pragdrie ingepalm het, maar die drie was ongelukkig nie toegeken nie.

As ’n eenheid het die agterlyn van die Blues vir Standards ore aangesit deur die bal vinnig wyd te speel. Hierdeur het die Blues gedurig hul opponente se verdediging op die proef gestel.

Veral Blues se heelagter, Lee Blaine, was ’n rots in die laaste vesting en het met sy uitstekende posisionele spel en taktiese skoppe vir Standards laat bontstaan.

Die Blues se vertoning was egter nie foutloos nie, aangesien twee seker drieë verlore gegaan het as gevolg van onnodige hanteerfoute.

Blues se tweedes en derdes was ook te sterk vir hul opponente en het onderskeidelik met 10-3 en 15-5 geseëvier.

Blues speel eerskomende Saterdag tuis teen Windmeul United. Na dié wedstryde sal daar ’n funksie by die klubhuis wees. Alle lede en toeskouers is welkom.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za