Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Stones byt vas

Stones byt vas
 
2009-04-23

Jaco van Wyk

IN ’n taai kragmeting wat Saterdag plaasgevind het op Daljosafat-stadion tussen die eerste rugbyspanne van Vineyards en Riverstones, het laasgenoemde die sterk teenstand van Vine-yards in toom gehou om ’n puik 12-9 oorwinning te bewerkstellig in die Paarl Rugby Streekkompetisie.

Die wedstryd was ’n gelykop affêre, met Vine-yards wat die een aanval na die ander geloods het.

Uiteindelik was dit Riverstones se beter benutting van hul kanse wat die knoop deurgehak het.

Riverstones kan egter hulself skop aangesien hulle een of twee sekere drieë weggesmyt het.

Riverstones se drieë is gedruk deur Manfred Solomons en Dudley Jonathan. Chris Mouwers was in die kol met ’n doelskop.

Vir Vineyards het die losskakel Enrico Jordaan drie strafdoele behaal.

Riverstones se tweedes het 5-0 gewen en River-stones se derdes was met 22-5 aan die wenkant.

Riverstones speel Saterdag teen Gardens op Gardenspark, met Vineyards wat teen Simondium te staan kom op Daljosafat.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za