Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Tyd raak min vir Sanlam se Nasionale Musiekkompetisie

Tyd raak min vir Sanlam se Nasionale Musiekkompetisie
 
2009-04-23


DIE tyd raak min vir ontluikende instrumentiste op laerskool om in te skryf vir die 21ste Sanlam Nasionale Musiekkompetisie wat van 21 tot 25 September in die ouditorium by die Musieksentrum Hugo Lambrechts in Parow, Kaapstad gehou word.

Daar is vier afdelings: klavier, strykers, hout- en koperblaas-instrumente en ander instrumente (slagwerk, blokfluit, klassieke kitaar en harp).

Medaljes en kontant- en ander pryse ter waarde van meer as R40 000 is op die spel vir die deelnemers en hul onderwysers.

Die sluitingsdatum vir inskrywings is Vrydag 24 April en oudisies sal begin Junie in Kaapstad, Bloemfontein, Pretoria, Durban en Port Elizabeth gehou word.

Rig navrae aan SAVMO-Tygerberg by 021-939-9105 (kantoorure) en 021-945-3861 (na 20:00), per faks 021-939-9123 of e-pos lhartshorne@hugolambrechts.co.za. Die meeste musiekonderwysers beskik ook oor inligting oor die kompetisie.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za