Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Groot rugbytoernooi by Gim

Groot rugbytoernooi by Gim
 
2009-04-23


DIE skolerugbytoernooi bekend as die Wildeklawer Super Skole Uitnodigingtoernooi vind vir die eerste keer plaas op die velde van Hoërskool Gimnasium vanaf 24 tot 27 April.

Wildeklawer het hul verbind tot ’n driejaarborgskap, met verskeie skole wat hulself verbind het tot ’n drie jaar deelname aan die toernooi. Die skole is Hoërskool Gimnasium, Hoër Landbouskool Boland, Hoër Jongenskool, Hoërskool Monument, Afrikaans Hoër Seunskool, Hoërskool Waterkloof, Hoërskool EG Jansen, Hoër Tegniese Skool Middelburg, Paul Roos Gimnasium, Hoërskool Framesby, Hoërskool Outeniqua en Hoërskool Diamantveld.

Drie skole, Jacobsdal Landbouskool, Oakdale Landbouskool (Riversdal) en Schoonspruit Sekondêr (Malmesbury), sal op uitnodiging aan vanjaar se toernooi deelneem. Die organiseerders is ook besig om te onderhandel met Glenwood en Grey Kollege (Bloemfontein) vir hul deelname vanaf volgende jaar.

Saterdag se program is: (08:30) Oakdale teen Landboudal; (09:50) Diamantveld teen Framesby; (11:10) Outeniqua teen HTS Middelburg; (12:30) Landbouskool Boland teen Afrikaans Seuns Hoër; (15:30) HJS teen Waterkloof; (15:10) Paul Roos teen EG Jansen; (16:30) Paarl Gim teen Monument.

Die toernooi word Maandag voortgesit op Gim se velde.




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za