Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarlse skole veg vir seges op rugbyveld

Paarlse skole veg vir seges op rugbyveld
 
2009-04-23

Jaco van Wyk

TERWYL beide Hoërskool Gimnasium en Hoër Landbouskool Boland die afgelope naweek moes sweet om oorwinnings te behaal oor Rondebosch en Wynberg onderskeidelik, het Hoër Jongenskool lag-lag klaargespeel met Stellenberg.

Die manne van HJS was heeltemal te sterk vir Stellenberg en het hulle 41-9 afgeransel op laasgenoemde se tuisveld.

Gim het in sy kragmeting met Rondebosch te doen gehad met ’n perd van ’n ander kleur en kon uiteindelik, na strawwe teenstand, tevrede voel met ’n 13-6 oorwinning.

Landbouskool moes in sy wedstryd teen Wynberg die haas in die laaste paar minute uit die hoed pluk om ’n 26-20 oorwinning te behaal oor Wynberg.

Dit het egter ’n strafdoel en ’n skepdoel laat in die wedstryd geverg om dié oorwinning te bewerkstellig.

In ’n wegwedstryd kon die span van Wellington, Hoërskool Hugenote, ongelukkig nie sy mede-Paarliete naboots nie en het hulle die knie net-net gebuig met 12-10 teen Sacs.

* Met die oog daarop om ’n Sentraal-Boland Skolestreekspan aan te wys, het die eerste ronde van die Bolandproewe Saterdag op Hoërskool Labori se velde plaasgevind.

Verskeie spanne van die Paarl en Wellington het hul staal ten toon gestel.

New Orleans Sekondêr het in die hoofwedstryd van die dag teen Noorder-Paarl geseëvier met 15-5.

Charleston Hill Sekondêr het met 5-5 gelykop gespeel teen Weltevrede terwyl Bergrivier vir Kylemore met 25-5 afgeransel het.

Klein Nederburg het met 20-20 gelykop gespeel teen Groendal terwyl Wellington Hoër met 5-20 vasgeval het teen Cloetesville.

Paulus Joubert het vir Labori 15-5 getroef.

Die finale proewe vind Saterdag plaas.




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za