Boland nou rampgebied
2005-03-17
DIE Kaapse Wynlanddistrik (Wat Drakenstein insluit) is een van die gebiede wat verlede week tot rampgebied verklaar is weens die droogte.
Die gebiede ingesluit by President Thabo Mbeki se proklamasie, soos aanbeveel deur die provinsiale kabinet, sluit in die Plaaslike Munisipaliteite en Distrik Bestuursgebiede Matzikama, Saldanhabaai, Bergrivier, Cederberg, Swartland, Breedevallei, Weskus, Kaapse Wynland, Beaufort-Wes, Laingsburg, Prins Albert en Sentraal Karoo.
Volgens die Wes-Kaapse Minister van Landbou, Cobus Dowry, is daar nou ‘n meganisme geskep waardeur alle departemente in die Provinsie asook staatsdepartemente nou ‘n bydrae kan lewer om die gevolge van die droogte aan te spreek.
Die lae reënval die afgelope somer het veroorsaak dat alle damme in die streek rekordlaagtepunte bereik het vir hierdie tyd van die jaar, nadat damvlakke die afgelope twee jaar gevaarlik laag geraak het voordat die winterreens aangebreek het.
Die Wemmershoekdam is tans slegs 37,2% vol, in vergelyking met 52% verlede jaar dieselfde tyd. Damvlakke het sedert November al met 27% gesak.
Weens die lae reënval het wingerde swaar gekry en word ‘n kleiner druiwe-oes verwag.
Besproeiing van tuine word tans beperk tot een uur twee keer per week (voor 10:00 en na 16:00 Maandae en Donderdae word gelyke nommers en ongenommerde eiendomme en Dinsdae en Vrydae vir ongelyke nommer eiendomme).
* Drakenstein has been included in the disaster area declared due to the drought.
More
News
|