Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Rooftog op Paarlse plaas

Rooftog op Paarlse plaas
 
2005-08-11


DIE slagoffer van ’n gewapende rooftog op ’n plaas in Noorder-Paarl is styf en seer, maar dankbaar dat hy lewe.

Sampie Janse van Vuuren, bestuurder, was Sondag om 07:30 in sy kantoor op die hoenderplaas Nantes toe vier mans hom oorrompel het.

Die rowers het te voet by die lang plaasoprit aangestap gekom.
Polisie meen dat hulle op die Noorder-Paarl/Malmesburypad afgelaai is vir die beplande rooftog.

“Die kantoordeur was nie gesluit nie, en toe ek opkyk, staan die mans daar, met balaclavas en stofmaskers oor hul gesigte,” het Janse van Vuuren vertel.

“Hulle het my agter die lessenaar uitgeruk en my hande voor my met ‘cable ties’ vasgebind. Ek is gestamp en gestoot en in ’n stoel gedruk en daaraan vasgemaak.

"En toe begin die marteling vir die kluissleutels.”

Die mes is na sy maag gesteek. Hy is met die steel teen die lyf gekap en met die vuis teen die kop geslaan.

Die mans het hom ’n halfuur lank gyselaar gehou en gedreig om sy vrou en dogter by hulle woning te skiet. Van Vuuren het egter nie die sleutel gehad nie.

Een van die mans het tevergeefs probeer om water in die ketel te kook, om hom met brandende water te oorreed om die sleutel te oorhandig.

Nadat hulle sy ringe, selfoon en bakkiesleutels geneem het, het hulle rekenaars, ’n drukker en ander kantoortoerusting op sy bakkie gelaai en weggejaag.

“Ek het my met stoel en al na die lessenaar toe geskuif. Ek was bevrees die rowers sou by my huis uitkom en het dadelik my vrou en die polisie gebel.

“Gelukkig het dié kantoor ’n eie lyn, want die mans het die telefoondrade geknip.

“Ek het myself met ’n skęr losgeknip en toe was die polisie en die sekuriteitsmense al hier. Hulle het blitsig gereageer.”

Die bakkie is Maandagmiddag in ’n sloot agter die Wellingtonse stortingsterrein opgespoor.

“Dit lyk asof die verdagtes agter die mopgat oor die rivier wou probeer ry tot in Mbekweni,” het polisie-ondersoekers gesę.

Die rowers is nog op vrye voet.

Die vermoede bestaan dat die mans op twee vorige geleenthede met ’n ouer model wit Toyota Corolla met ’n CEY registrasienommer op die plaas was.

“Ons moet almal bedag wees,” het Janse van Vuuren gewaarsku.

“Hulle het glo ‘net kom navraag doen’ met die vorige besoeke, maar ek dink hulle het net die plek kom deurkyk met die oog op ’n aanval.”

* A Paarl chicken farmer is thankful to have survived an attack by armed robbers in his office.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za