Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Diskus-droom: Jan-Louw Kotzé breek 25-jaar-oue rekord

Diskus-droom: Jan-Louw Kotzé breek 25-jaar-oue rekord
 
2009-04-23

Jaco van Wyk

AAN die begin van die jaar toe Jan-Louw Kotzé sy arm gekraak het tydens Hoërskool Gimnasium se kleure-atletiekbyeenkoms, wou dit voorkom of dié 15-jarige diskus- en gewigstootatleet se atletiekdrome aan skerwe was vir die res van die seisoen.

Niemand kan juis vra wat dié veldatleet besiel het om sy lyf naelloper te hou in die 100m-item nie, aangesien hy vroeër die dag die 100m in 12,9 sekondes afgelê het in ’n uitdun - nie sleg vir ’n seun van Jan-Louw se grootte nie.

Die vraag wat egter gevra moet word, is hoe die voormalige Namakwalander (Jan-Louw en sy gesin het einde 2007 Paarl toe verhuis) se arm so vinnig kon herstel om, nie net ’n diskus mededingend te kan gooi nie, maar om boonop minder as twee maande ná sy besering ’n 25-jaar-oue diskus-rekord met meer as drie meter te verpletter.

“Toe ek op my arm geval het tydens Gim se kleure-atletiek, was ek aanvanklik baie positief,” sê Jan-Louw.

“Ek het eers nie geweet my arm is gekraak nie en het gedink ek sou Maandag weer voluit kon oefen.

“Eers drie dae later het die dokter my laat weet dat ek my voorarm gekraak het en dat ek my arm minstens ses weke moes rus.

“Toe ek besef hoe lank ek buite aksie sou wees, het ek gedink dit kan die einde van my loopbaan wees. Ek was egter altyd hoopvol dat die Here my betyds sou herstel om vinnig weer te kan deelneem,” sê Jan-Louw.

“Ek het besluit om eerder na die positiewe kant van die situasie te kyk en het besef dat die rus my fisiek en geestelik sou bevoordeel.”

Jan-Louw was toe ook nie verkeerd nie, want binne twee weke nadat hy weer begin oefen het, was hy terug op sy allerbeste.

By die Boland-byeenkoms wat 28 Februarie plaasgevind het op Coetzenburg-stadion op Stellenbosch, het Jan-Louw goud verower in die diskus-item met 55m, en het hy ook brons gewen in die gewigstoot (13,9m).

Maar 21 Maart was egter dié Gimmie se groot dag toe hy die 25-jaar-oue diskus-rekord by die Wes-Kaapbyeenkoms laat spat het met ’n gooi van 59,15m.

Die vorige rekord was in 1984 opgestel deur Willie Coetzee (56m).

Jan-Louw het tydens dié byeenkoms ook goud verower in die diskus met 15,73m.

Op 6 en 7 April, by die SA Hoërskole Atletiekkampioenskappe in Durban, het Jan-Louw goud verower in die diskus met 58,47m. Hy was ook tweede in die gewigstoot met 17,43m.

Met sy beste afstande in oefeninge 66m in diskus en 18,2m in gewigstoot, verkies Jan-Louw diskus bo gewigstoot, bloot omdat hy voel hy het meer potensiaal in eersgenoemde item.

“Volgende jaar begin ek met ’n 1,5kg diskus gooi (hy neem tans deel met ’n 1kg diskus) en ek sal graag wil kwalifiseer vir die IAAF Wêreld Jeugspele,” sê Jan-Louw.

“Die kwalifiserende tyd is 55m en ek het reeds 47m gegooi met ’n 1,5kg diskus. Ek het dus ’n jaar om my mikpunt te behaal.

“Oor twee jaar is dit my doelwit om te wen by die Wêreld Jeugspele,” sê Jan-Louw.




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za