Kunsuitstalling by Olyffees
2009-04-23
’n KUNSUITSTALLING met ’n godsdienstige inslag open op Vrydag om 19:00 in die NG Kerksaal, Riebeek Kasteel. Vanjaar is dit die vyfde kunsuitstalling wat aangebied word, waaraan sowat 25 kunstenaars van die Wes-Kaap en omgewing deelneem. Die uitstalling duur tot die einde van die Olyffees (1 tot 3 Mei) en is daagliks oop van 09:00 to 17:00. Verversings word te koop aangebied. Kaartjies vir die opening is R25 by die kerkkantoor. Kontak Hettie Swanepoel by 022-448-1388 (kantoorure is 09:00 tot 12:00) vir navrae.
More
News
|