Larries tree op by Ou Meul
2009-04-23
DIE Hoërskool La Rochelle bied die toneelstuk Steel Magnolias Vrydag en Saterdag by die Ou Meul-teater aan onder spelleiding van Celeste Loriston. Alle drama-leerders van La Rochelle is betrokke by hierdie produksie, hetsy op tegniese gebied of met spel. Hierdie projek leer die leerders dat die teaterwêreld nie net uit toneelspel bestaan nie, maar ook baie belangrike tegniese elemente bevat om die finale produk op die planke te sit. Steel Magnolias vertel die storie van die lief en leed van ses vroulike karakters, Anel, Truvy, Clairee, Oiuser, M’Lynn en Shelby. Die vroue van staal se vriendskap help hulle deur moeilike tye. Ons sien hoe die krag van vrouwees enige gebroke hart kan help heelmaak en genees. Kaartjies vir Vrydag 24 April is R100 en sluit ’n vingerete en wyn in. Kaartjies vir Saterdag 25 April is R40. Kaartjies kan bespreek word by La Rochelle by 021-872-4367.
More
News
|