Bonsaiers vergader
2009-04-23
BY die vergadering van die Boland Bonsai Kai op Saterdag 25 April gaan twee van die mees talentvolle Bonsai-kunstenaars lesings gee oor onderwerpe wat vir hulle ná aan die hart lê. Charles Russell het reeds menige toekennings ontvang vir sy ontwerpkuns en sal van sy ondervindings meedeel, terwyl Rowan Dent sal praat oor lesse wat hy geleer het. Die vergadering vind plaas aan huis van Colin Welch te Welgevallenstraat 19, Dalsig. Besoekers is welkom. Navrae kan gerig word aan Marie-Louise du Plessis by 082-715-0856.
More
News
|