Geraamtes gevind
2009-04-30
IN afsonderlike voorvalle is daar die afgelope week op geraamtes in die distrik afgekom. Op die plaas Renosterkop in die Agter-Paarl het 地 plaaswerker op 地 geraamte afgekom, terwyl hy 地 bees gesoek het. Die werker het teen die berg uitgestap toe hy iets wit tussen die bossies raakgesien het. By nadere ondersoek het hy 地 geraamte gevind met verskeie kledingstukke aan. Die polisie vermoed dat die man reeds verlede winter dood is, weens die toestand van sy oorskot, asook die klere wat hy gedra het. Hy het verskeie lae klere aangehad, onder andere blou jeans en 地 rooi-en-swart baadjie. By hom was 地 groot bos sleutels, 地 sonbril, waterbottels en naelknippers. Volgens 地 forensiese verslag, was die oorledene tussen 35 en 40 jaar oud. Enigiemand wat die polisie kan help om die man se identiteit vas te stel kan vir insp Rogerio Carosini skakel by 021-875-8000. Op De Kruin-plaas in Klein Drakenstein, is 地 geraamte gevind terwyl werkers besig was om bome af te saag. Die enigste kledingstukke wat by die geraamte gevind is, is 地 khakibroek en gordel. Daar word vermoed dat die persoon sowat 地 jaar en 地 half oorlede is. Diegene wat dink dat hulle die man se identiteit ken, kan vir insp PW Solomons skakel by 021-807-4000. In albei gevalle kan die oorsaak van dood nog nie vasgestel word nie. * Two skeletons have been found on local farms.
More
News
|