EK verwys na die brief gepubliseer in verlede week se uitgawe aangaande ons restaurante en vra hiermee om verskoning aan die skrywer daarvan wat kla dat ons gelde verskuldig is vir wynaankope by hul plaas.
Ons is besig om onder uiters moeilike ekonomiese omstandighede kop bo water te hou (soos sekerlik meeste mense mee kan empatiseer).
Ons het sover as moontlik probeer om al ons krediteure ingelig te hou aangaande ons situasie en ons verpligtinge na te kom sover menslik moontlik en ek vra om verskoning aan diegene wat oorgesien is. Baie dankie aan dié wat geduldig was en begrip het vir die posisie waarin ons onsself bevind.
Dit is nietemin ironies dat selfs deur die eerbare roete te volg en die restaurante in bedryf te hou in stede van insolvent te verklaar (soos besighede in die Paarl alreeds moes doen) dit ons op hierdie stadium in ’n baie slegter lig geplaas het.
Op hierdie stadium sou dit veel makliker wees om net weg te loop as om te bly en ons verpligtinge na te kom wat nie vir ons ’n opsie is nie.
Indien ’n brief gepubliseer sou word vir elke persoon wat hulle tans in moeilike finansiële tye bevind, sou ons koerante uitsonderlik dik wees.Restaurant-eienaar