NA aanleiding van ’n brief oor die eiendomsbelastingstariewe wat van 1 Julie sal geld, het ek bereken dat my eiendomsbelasting met 54% gaan styg - van R265 per maand tot R410 per maand.
Ek het ’n gewone middelklashuis in Sentraal-Paarl. Ek het nie enigsins aangebou of verbeter aan my eiendom nie - en my inkomste het ook nie juis gestyg nie!
Ek is vasgevang in ’n kostespiraal wat vererger word deur die toename in ander tariewe, veral van elektrisiteit.
Mense moet asseblief dringend beswaarbriewe skryf aan die Munisipale Bestuurder van Drakenstein (Posbus 1, Paarl 7622) om te help keer aan hierdie tariefverhogings voor die sperdatum van 30 April.
Dit sal dalk help om die stadsraad van plan te laat verander by die volgende raadsvergadering, waar die tariewe finaal vasgestel gaan word.
Anders gaan ons binnekort uit ons huise uit belas word.
Waarheen nou?