MET innige simpatie en meegevoel dink ek aan die ramp by Paarl Print. Die “hoekom” kom by my op elke keer as ek daaraan dink en daaroor lees.
Ek weet nie hoekom nie, maar weet ook dat God die mense hierdeur sal dra. Verstaan sal ons seker nie en aanvaar? Net tyd bring genesing.
Hoe raak dit my? Ek was vir sowat drie jaar deel van “Print” tydens die samesmelting met NBD en het pragtige mense leer ken. Ja, “Print” het in my bloed gebly.
My hart is seer - saam met almal wat betrokke is daar, ook al ken ek ook nie meer almal nie.
Al die betrokkenes - wees verseker dat ons dink aan julle in gebed vir aanvaarding en verligting van pyn. “Print” sal altyd spesiaal vir my wees. Sarie Retief