Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Departement van Arbeid gee nie om nie

Departement van Arbeid gee nie om nie
 
2009-04-30


GRAAG deel ek my uiters frustrerende en teleurstellende ervaring met ons plaaslike kantoor van die departement van arbeid.

Ek het op 10 November by die kantore in die Paarl my aansoek om kraamvoordele ingedien. My kind was toe alreeds ’n maand oud. Op die dag wat ek my aansoek ingedien het, het ek ’n vorm van die dame ontvang, waarop sy aangedui het dat my aansoek ingedien is, en al die stawende dokumente wel my aansoek vergesel.

Ek het op 2 Februarie vanjaar weer begin werk, en nog geen taal of tyding vanaf die departement gehad, rakende my aansoek nie. Ek het tydens my kraamverlof geen inkomste verdien nie.

Op 15 Februarie het ek, na VELE probeerslae, uiteindelik tot ’n persoon deurgekom op die telefoon, wat my toe ingelig het dat my sogenaamde ‘UI-19’ vorm nie by my aansoek is nie.

Ek vra toe vir haar, hoe is dit moontlik, want op 10 November het ek dit saam met al my ander dokumente ingedien, waarvan ek bewyse het.

Sy vra toe dat ek dit vir hulle moet faks. Twee dae later toe ek navraag doen om te hoor of sy dit gekry het, het sy gesê nee.

Ek vra toe vir haar e-pos adres, om dit vir haar elektronies te stuur, sodat ek ten minste kan SIEN wanneer sy my e-pos lees. Die betrokke dame sou toe my UI-19 vorm op die sisteem laai.

’n Week later het ek die kantore geskakel om te verneem waar in die ‘goedkeuringsproses’ my aansoek nou is. Niemand kon vir my sê nie, en al antwoord wat ek kon kry, is – “jou aansoek is na die Bellville kantore gestuur vir prosessering”.

Ek het op 6 April by een van die toesighouers uitgekom, en hy het gesê hy sal aan Bellville-tak ’n navraag stuur, en dat ek hom ’n week kans moet gee, en wag vir terugvoering.

Ek het sedertdien, nog nie weer die betrokke man telefonies in die hande gekry nie. Hy is net nooit op kantoor nie, en as hy is, dan is hy altyd in ’n vergadering, en skakel nie terug nie.

Dis nou al feitlik ’n maand later, en ek wag nog steeds vir sy oproep. Ek het intussen die Bellville kantoor geskakel, en ’n dame het my ingelig dat hulle geen rekord het van my aansoek nie.

Ek het vanoggend toe uiteindelik die dame telefonies in die hande gekry in die Paarl, wat my aansoek op 10 November ingeneem het. Sy het my toe ingelig dat sy sal terugkom na my toe, aangesien sy op haar rekord sien dat my aansoek in Bellville is (al ontken Bellville dit).

Toe sou haar toesighouer skakel - dieselfde een, vir wie ek al vanaf 6 April wag om my terug te skakel.

Ek het ’n week gelede toe WEER in die ry gaan sit en gehoop om gehelp te word. Na vier ure, kon ek ongelukkig nie langer sit nie, want my kind moes gevoed word. Wat gaan daar aan?Arena Phillips




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za