Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Spoedwalle 'n straf

Spoedwalle 'n straf
 
2005-08-11


DIE stadsvaders en verkeershoofde moet verseker vinnig wakker raak. Vir elke individu wat kla oor jaagduiwels of dat hulle nie meer oor die straat of in die straat kan loop nie, word daar nou ‘n spoedwal gebou.

Tel asseblief eers die honderde werkende motoriste wat elke dag tussen 07:00 en 20:00 werk toe ry teenoor die paar jaagduiwels wat meestal snags jaag, voordat eersgenoemde vir die jaagskape moet boet.

Maak eers ‘n opname oor hoeveel petrol daar oor 12 maande verbruik word deur elke dag na ‘n laer rat te wissel en weer weg te trek by elke spoedwal.

Gebruik liewers die spoedwalle se geld om die gate in die paaie te herstel of maak gebruik van koste-effektiewe stappe soos dreunstroke en beter wetstoepassing.

Wetsgehoorsaamheid moet op skoolvlak begin.

As daar werklik geen ander maniere is om jaagduiwels in toom te hou nie, bou dan elke 20 meter ‘n spoedwal in die pad, sodat ons normale motoriste op die sypaadjies kan begin ry.

Moeg vir spoedwalle



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za