Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Winterreise-siklus van Schubert opgevoer

Winterreise-siklus van Schubert opgevoer
 
2009-04-30


BARITON André Howard en pianis Luis Magalhães tree in die Endlersaal op vir ’n uitvoering van Schubert se Winterreise-siklus op Saterdag 9 Mei om 20:00.

Schubert het Die Winterreise in 1827 gekomponeer, sowat ’n jaar voor sy dood. Hierdie merkwaardige werk is ’n siklus van 24 gedigte deur Wilhelm Müller.

Die “verhaal” is dié van die reisiger wat tydens sy eensame reis deur ’n winterlandskap besin oor lewensherinneringe en drome.

Schubert se sensitiewe musikale hantering van die materiaal resulteer in ’n sublieme kunswerk, en wat die siklus waarskynlik die belangrikste in die musiekgeskiedenis maak.

Luis Magalhães, wie se optredes as solis en kamermusikus sy buitengewone vaardighede as musikus ten toon gestel het, verskyn vir die eerste keer saam met die landswyd gewilde opera-, oratorium- en liedsolis, bariton André Howard, op dieselfde verhoog.

Kaartjies (R80/R60) is beskikbaar by Computicket. Vir meer inligting, skakel die Konservatorium by 021-808-2343 of e-pos music@sun.ac.za of besoek www.sun.ac.za/music.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za