DIE toneelstuk Oupa en Ouma sit op die Stoep is op 4 Junie te sien in die Ou Meul-teater, met die legendariese akteurspaar Johan en Lida Botha in die hoofrolle.
Die toneelstuk, gegrond op die RSG vervolgverhaal Kniediep, is die storie van Stanley en Debora Vermeulen wat al meer as 40 jaar getroud is.
Na 40 jaar saam is hulle steeds baie gelukkig al wonder hul soms hoekom. Hulle’s nie net die Oupa en Ouma wat jou as kind beskerm as jy stout was nie, maar ook die enigste twee mense wat vir Ma en Pa mag sê wat om te doen.
Oupa en Ouma na wie ons altyd opgekyk het, maar nou buk ons as ons hulle wil soen; hulle van wie ons seker is hemel toe sal gaan en wat nog elke verjaardag vir jou ’n kaartjie met ’n geldjie stuur wat sê: Met baie liefde van Ouma en Oupa.
Hulle wat jou die verskil geleer het tussen draadloos en radio, maar self net draadloos luister. Hulle is Ouma en Oupa. Jy ken hulle al klaar!
Bespreek by Vicky Stemmet by 083-564-0056.