PHILIP de Vos het vir sy sewentigste verjaarsdag spesiaal tekste geskryf om Mussorgsky se Prente by ’n Uitstalling te begelei.
Tertia Visser-Downie is die pianiste en Philip de Vos lees sy verskillende verse tussen elke klavier-beweging van hierdie interessante en briljante klavierwerk.
Dié produksie is te sien op Saterdag 16 Mei om 20:00 by die Breytenbach-sentrum se Bôrdienghuis-teater. Kaartjies beloop R80 per persoon.
Besprekings en navrae kan gedoen word by 021-808-2901 of 021-873-6159.