Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Tekenkursus aangebied in Paarl

Tekenkursus aangebied in Paarl
 
2009-04-30


DIE Kunsvereniging Stellenbosch bied ’n tekenkursus in Paarl aan van 16 Mei tot 20 Junie in die Jack Meyer Kunssentrum.

Dit word aangebied deur kunsonderwyseres Marieke Kruger. Die kursus sal op Saterdagoggende, van 09:00 tot 11:30, aangebied word en sluit in basiese teken, met die klem op verskillende tegnieke en tekenmedia soos houtskool, pastel, potlood, en pen en ink.

Die tema is landskappe wat uitgebeeld sal word vanaf die werklike en vanaf foto’s.

Vir meer besonderhede oor die kursus, kontak Marieke Kruger by 072-470-2074 of 021-872-0831.

Die kursus kos R390. Bespreek by kunsartstel@sun.ac.za of by Reza by 082-491-2724 voor 13 Mei (’n deposito van R50 word verlang).

Daar is verder die geleentheid vir talentvolle persone uit die gemeenskap om deur die Kunsvereniging geborg te word. Om in aanmerking te kom, skakel Hettie de Klerk by 082-447-214 teen Maandag 11 Mei.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za