DIE volgende vergadering van die Paarl Diabetes Ondersteuningsgroep vind plaas op Woensdag 13 Mei om 19:00 in die Holy Trinity-saal, Hoofstraat, Paarl.
Die onderwerp is Neuropatie-senuwees en voete en word bespreek deur dr NH Bernard. Bring enige diabeet en of metgesel en belangstellendes saam om hierdie gratis vergadering by te woon.
Vir navrae, kontak suster Kamaretha Beckert by 021-871-1808 of Gerrit Malan by 021-871-1389.