Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Ekonoom praat oor geld-krisis

Ekonoom praat oor geld-krisis
 
2009-04-30

Johan Nel

DIE senior ekonoom van Sanlam, Jac Laubscher, het die Wellingtonse organisasie Oop Gesprek onlangs toegespreek oor die likiditeitskrisis waaronder die wêreld- en Suid-Afrikaanse ekonomie tans gebuk gaan.

Volgens Laubscher ondergaan die wêreld-ekonomie tans ’n geskiedkundige verskuiwing - vergelykbaar met die groot verskuiwing wat aan die begin van die dertigerjare van die vorige eeu ondervind is en wat uitgeloop het op die ekonomiese depressie van daardie jare.

Die eerste tekens van die huidige krisis het reeds in Augustus 2007 sy kop uitgesteek, toe banke as gevolg van ’n likiditeitskrisis nie meer onderling aan mekaar oortollige fondse beskikbaar wou stel nie.

Op 15 September verlede jaar het die huisprys-borrel in Amerika gebars en slegte skuld het blitsvinnig wêreldwyd toegeneem en tot ’n volskaalse resessie ontwikkel.

Laubscher sê dat verskuiwings soos dié altyd aanleiding gee tot groot en belangrike veranderings.

Die wêreld sal nog lank met hierdie geldkrisis worstel. Groot internasionale maatskappye sal in alle waarskynlikheid ten gronde gaan en werkloosheid gaan skerp toeneem.

Selfs in Suid-Afrika, wat maar ’n baie klein rolletjie in die wêreld-ekonomie speel, gaan werkloosheid in die komende maande met meer as 250 000 toeneem.

Die positiewe is volgens hom dat daar in tye soos dié ’n toenemende herbesinning oor waardes sal wees.

Mense gaan minder uitspattig lewe en daar gaan ’n groter weerstand teen ongelykhede in salarisse en lone wees.

Die staat gaan in dié dae ’n steeds groter rol in die ekonomie speel en globalisering is besig om ’n ernstige terugslag te ondervind, het Laubscher gesê.


More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za