United Stones verras Villagers
2009-04-30
UNITED STONES se ligte pak voorspelers het Saterdag weereens die oorhand gehad oor hul swaarder teenstanders deur ’n 17-11 oorwinning oor Villagers te behaal. Stones se driedrukkers was Hilton Meyer, Morgan Adams en Aldon Bruintjies. Destino Didloff het ’n doelskop behaal. * Villagers se eerste span het verlede Saterdag dit moeilik gevind om vir Adelaars op sy tuisveld te troef. In ’n titaniese stryd moes Villagers diep delf om ’n 11-0 oorwinning te behaal. Lee-Irwin Alexander het sy 21ste verjaarsdag met ’n pragdrie en ’n strafdoel gevier. Bjorn Hollenbach het ook ’n strafdoel behaal. Villagers speel eerskomende Saterdag teen United Stones. Vervoer vertrek 14:00 vanaf Newton.
More
News
|