Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Strafskop red Rangers

Strafskop red Rangers
 
2009-04-30


RANGERS RUGBYKLUB het Saterdag in die doodsnikke punte aangeteken om UWK se harte te breek met ’n naelskraapse 12-11 oorwinning.

Rangers se Granwill Jones het ’n strafskop in die laaste minuut van die wedstryd oorgeklits om dié oorwinning te bewerkstellig.

Rangers se span het baie lusteloos voorgekom en die studente het telkemale groot bresse in hulle verdediging geslaan.

Jones het weereens uitgestaan op die aanval en die verdediging, met Eugene Collins wat die res van Rangers se punte aangeteken het.

Verlede Saterdag het Rangers se eerste span vasgeval teen ’n begeesterde span van Kylemore, nadat ’n paar omstrede skeidsregterbeslissings teen eersgenoemde span gegaan het.

Die eindtelling was 17-11 in die guns van Kylemore.

Met die rustydtelling 8-3 in die guns van Rangers, kon die Paarliete slegs drie punte in die tweede helfte byvoeg.

Boonop het die skeidsregter nooit juis die wedstryd laat vloei nie.

Eerskomende Saterdag speel Rangers ’n wegwedstryd teen Atlantis. Die bus vertrek 11:00 uit Groenheuwel en 11:30 vanaf die biblioteek.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za