Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Evergreens speel bo standaard

Evergreens speel bo standaard
 
2009-04-30


SATERDAG op Evergreens Park in Agter-Paarl, het Evergreens Rugbyklub, in gietende reën, vir Young Standards van Citrusdal met 15-5 geklop.

In die eerste helfte was dit ’n titaniese stryd tussen die voorspelers, met Young Standards wat eerste beloon was vir hul harde werk met ’n onverdoelde drie.

Vir Evergreens het hul speler van die wedstryd, Eugene Andries, met ’n strafskop geslaag om die rustydtelling 5-3 te maak in Standards se guns.

Evergreens, wat bekend is vir hul hardlooprugby, het besluit om die krane oop te draai in die tweede helfte, ongeag die reën. Hier was die senter Brian Bester skitterend met sy kraglopies.

Die jong heelagter Ian Brown, wat Saterdag sy debuut gemaak het vir Evergreens, het ook op die aanval beïndruk met sy spoed en bedrieglike systappe.

Evergreens was beloon met drieë deur Reagan Williams (slot) en Brown, terwyl die losskakel Neil Julies met ’n doelskop geslaag het. Ander spelers wat ’n barshou gespeel het vir Evergreens, was Eugene Andries, André Andreas, Brian Bester, Riegaart Liebenberg en Jason Malgas.

Evergreens II het 10-0 gewen en die derdes het 28-5 gewen.

Evergreens het eerskomende naweek ’n loslootjie en hervat weer hul verpligte ligawedstryde op 9 Mei.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za