Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Pniel Villagers verloor weer

Pniel Villagers verloor weer
 
2009-04-30


DIE span van Pniel was ietwat ongelukkig om hul derde agtereenvolgende loesing te kry, toe hulle Saterdag in ’n wegwedstryd teen Tygerberg met 13-19 vasgeval het.

Nadat Villagers die grootste gedeelte van die eerste helfte in die tuisspan se kwartgebied geboer het, kon hulle uiteindelik slegs ’n strafdoel vir hul harde werk bewys, terwyl die Tiere in die laaste agt minute van dié eerste helfte ’n doel en ’n drie behaal het ná twee Pniel-spelers geelkaarte ontvang het. Dit het die rustydtelling op 12-3 te staan gebring.

’n Verdere drie na rustyd het die telling na 19-3 laat groei vir die Tiere, waarna Villagers met mening teruggeveg het om ’n doel en ’n drie te behaal om die telling 19-13 te maak.

Pniel het alles in hul vermoë probeer om die wenpunte te behaal, maar die Tiere het hul doellyn soos ware tiere verdedig.

Ongeag dié nederlaag verdien Villagers se voorspelers ’n pluimpie vir hul goeie spel, met die slotte, Warren Williams en Clint Palm, wat goeie lynstaanballe gewen het.

’n Groot bron van kommer in die Pnielspan is die gebrek aan ’n betroubare stelskopper, aangesien heelwat geleenthede om skoppe in punte om te keer, nie benut was nie.

Pniel se drieë was gedruk deur Earl Cyster en Frans Boonzaaier. Cyster het ’n doelskop behaal.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za