Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl Rugbyklub wen wéér oortuigend

Paarl Rugbyklub wen wéér oortuigend
 
2009-04-30


DIE eerste rugbyspan van Paarl Rugbyklub het weereens daarin geslaag om ’n oortuigende oorwinning te bewerkstellig toe hulle Saterdag heeltemal te veel skietgoed gehad het vir Scottsdene, op die Boy Louw-sportgronde.

Paarl was totaal in beheer van dié wedstryd wat hulle met 45-5 gewen het.

Die Paarliete se neuse was boonop teen rustyd reeds 35-0 voor.

Die tuisspan het sewe drieë in die proses, teen hul besoekers van Kraaifontein, gedruk.

Veral die regtervleuel, Steve Nortier, het ’n pragdrie gedruk nadat hy verskeie teenstanders uit die pad gehardloop het om in die regterkantste hoek oor te duik.

Paarl se ander drieë is gedruk deur Eugene Francis (skrumskakel, 2 drieë), Lionel Hugo (agtsteman, 2) en Eugene Kinghorn (senter, 2).

Paarl se losskakel Jacques Hendricks het die res van sy span se punte deur middel van doelskoppe bygedra.

Paarl se tweede span het ook maklik gewen met 31-0.

Tot op hede kon nog geen teenstander ’n enkele punt teen dié gedugte 15-tal aanteken nie.

Paarl se derde span het 38-0 gewen.

Verlede Vrydagaand het Paarl se o.20’s ’n skitterende oorwinning van 32-17 behaal oor Helderberg B, op Faurestraat-stadion. Die oud-Gimmie, Martin Verhoeven (senter), het vroeg in die wedstryd die telbord geopen met ’n skitter-drie.

Gisteraand het Paarl se o.20’s met 13-9 klaargespeel teen UCT op Faurestraat-stadion.

Dié span is ook huidiglik onoorwonne.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za