Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Môre is Safari D-dag op Wellington

Môre is Safari D-dag op Wellington
 
2009-04-30


DIE 2009 Safari halfmarathon, aangewys as die top padwedloop in die Boland in 2008, vind môre (Werkersdag), vir die 22ste keer plaas in die strate van Wellington.

Bykans 10 000 atlete word verwag om aan vanjaar se padwedloop, wat wegspring en eindig by Hoërskool Hugenote, deel te neem.

Die organiseerders moedig alle deelnemers en toeskouers aan om hul familie en vriende saam te bring om te deel in ’n dag vol pret en opwinding, soos net die Safari halfmarathon kan bied. Daar sal selfs gratis crčche-fasiliteite beskikbaar wees om ’n ogie te hou oor die kinders.

Vir elite-atlete is die eerste prys in die ope-kategorieë R5000, vir beide mans- en dames-atlete.

Die eerste mans- en dames-atleet om met New Balance drafskoene oor die wenstreep te trap tydens die halfmarathon, sal elk R1000 in die sak steek.

Die opwinding stop egter nie hier nie.

Wellington Atletiekklub sal R500 oorhandig aan die eerste mans- en damesatleet wat behoort aan die klub, om eerste die wenstreep oor te steek.

Deelnemers kan kies of hulle wil meeding in die 21,1km halfmarathon, 10km stap of die 5km pretstap.

Vanjaar kan ’n gelukkige deelnemer ’n geluktrekking wen wat bestaan uit luukse verblyf vir twee in die Sabona Wildreservaat in die Klein Karoo ter waarde van R14 000.

Die liefdadigheidsorganisasie wat voordeel sal trek uit die Safari Half-marathon is die Wellington Jeugsorgsentrum.

Dié sentrum bied onderrig aan leerders met spesiale behoeftes en sorg tans vir 120 kinders. Daar is ’n groot behoefte aan sporttoerusting en ander ontspanningsfasiliteite. Enige donasies (sporttoerusting of skoene) kan môre, tydens die wedloop, by een van die registrasiepunte afgegee word.

Vir meer inligting, kontak 021-511-7130 of e-pos entries@topevents.co.za of besoek die Safari webtuiste by www.safarihalfmarathon.co.za.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za