Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Young Peoples toon reeds belofte in Superliga B

Young Peoples toon reeds belofte in Superliga B
 
2009-04-30


YOUNG PEOPLES het Saterdag, in moeilike weersomstandighede, daarin geslaag om die span van Goodwood hul eerste loesing van die seisoen toe te dien deur met 21-10 te seëvier op Faurestraat-stadion.

Die vaste vyf van die Tiere het hul man deeglik in die skrums en in die lynstane gestaan.

Peoples het in die eerste helfte van die wedstryd gesukkel om aan die gang te kom en het toegelaat dat Goodwood eerste punte aanteken deur middel van ’n verdoelde drie.

Peoples se losskakel, Dominique Daniels, het egter geantwoord met twee strafdoele om die spanne te laat gaan rus met die telling op 7-6.

Ná rustyd het die Tiere met tempo-rugby die swaar voorspelers van Goodwood oor die veld gespeel en ná ’n stewige skrum op Goodwood se doellyn is Peoples se agsteman, Oswill Thomas, oor vir die Tiere se eerste drie.

Daniels het dié drie verdoel om die Tiere te laat voorloop met 13-7.

Peoples se senter, Lorenzo Jacobs, was die doring in Goodwood se vlees met sy vlymskerp breekslae en hegte verdediging.

Na volgehoue druk op Goodwood se doellyn het Francois Julies die bal van Goodwood se losskakel afgestorm en Dominique Daniels het die bal agter die doellyn toegeval vir Peoples se tweede drie. Dié drie het aan die Tiere ’n voorsprong van 18-7 gegee.

Peoples se vleuel Jody Davids het ’n reuse-wedstryd vir die Tiere gespeel.

Ná strafdoele aan beide kante het die Tiere uiteindelik gewen met 21-10.

Die skrumwerk deur die vaste vyf, asook die span se hegte verdediging agterlangs, het die grondslag vir die Tiere se puik oorwinning gelê.

Peoples se tweede span het 24-10 gewen, die derde span het 0-5 verloor en die o.20’s het 0-10 verloor.

Young Peoples speel môre (Vrydag) op Kuilsrivier, teen Kuilsrivier. Die bus vertrek om 10:30 uit Groenheuwel en kostes beloop R20 vir toeskouers.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za