MAATJIE, hoe laag wil jy jouself laat daal? In dieselfde klas as die diewe, rowers en moordenaars?
Jy het my Toyota Corolla in die rib “geslaan” op die Masonic-sentrum, Wellington se parkeerplekke op Dondagdag 9 April ongeveer 11:30 en soos ’n skelm in die nag saggies weggery.
Wat jy egter nie weet nie is dat iemand jou dopgehou het. Jy gaan van nou af elke keer as jy ’n Toyota Corolla sien, dink aan jou skelm daad. As ons nie saam staan en sulke gedrag rapporteer nie, sal ons land gouer as Zimbabwe sy agterent sien. Marius Meyer