Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Parkering vir gestremdes uitgebuit

Parkering vir gestremdes uitgebuit
 
2009-05-07


TIEN uit tien aan Paarl Mall se bestuur, wat onlangs geweier het om Maryna en Aaltje (Briewe 30 April 2009) se klampe te verwyder, nadat daar deur die dames wederregtelik geparkeer is op gestremde parkering.

Jammer, dames, julle het gefouteer deur van dié parkering gebruik te maak.

Moeders met babas, en al die talle ander oortreders, is geskape met perfekte bene en voete om te loop van waar jy geparkeer het tot by jou bestemming.

Ek is ’n parapleeg en beweeg deur middel van ’n rolstoel - ek bestuur my eie motor en het al baie sulke situasies ervaar.

So twee maande gelede, het ek ook by Paarl Mall se gestremde parkering geparkeer. Daar was ’n leë parkeerruimte vir gestremdes langs my oop, en met my terugkeer, moes ek verbaas sien, dat daar agt bikers geparkeer het - so naby, dat ek nie eens my motor se deur kon oopmaak nie.

Het die persone, en ander soos bogenoemde briefskrywer geen menslikheid nie?

Kom in dieselfde situasie as gestremde persone, dan sal jy hopelik nie sulke dinge doen nie.

Ek was verlede jaar in Bellville by ’n groot winkelsentrum. Ek het onderdak op die gestremde parkering stilgehou.

Langs my het ’n dame met ’n baba in ’n stootwaentjie stilgehou. Ek het aan haar verduidelik dat haar wiele geklamp gaan word. Sy was dadelik ontstoke oor my aanmerking, en moet ek sê dat, in so ’n teregwysing, is die skuldige ALTYD die onskuldige party.

Haar woorde aan my was as volg: “Dame, weet jy soos jy nie kan loop nie, kan my baba ook nie loop nie, daarom parkeer ek hier. Maar as dit jou sal laat beter voel, sal ek op ’n ander plek gaan stilhou”.

Na die voorval het ek net vir myself gesê: “Nou het ek al alles gesien!”

Anita Brand




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za