Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Is dit Wellington?

Is dit Wellington?
 
2009-05-07


DINSDAGOGGEND (10:40) het ’n man in ’n wit Isuzu bakkie ’n groterige bruin brak in Piet Retiefstraat in Wellington te pletter gery – die hond is voor die oë van ’n halfdosyn munisipale werkers oor die pad geslinger, het met sy gebreekte voorpoot oor die sypaadjie probeer kruip en toe, met bloed wat uit baie ander wonde vloei, stil teen die muur gaan lê. Die man het weggejaag in De Villiersstraat in.

Byna daagliks skiet die buurman-oor-die-straat na die duiwe wat laatmiddag op sy huis se dak roekoekoe. Sodat hulle soos vrot lappe op die grond val – nie dood nie – slegs hul vlerke morsaf. En die ander bure sien nie kans om hul nekke om te draai nie.

Onlangs is ’n 17-jarige skoolmeisie op Kerkstraat se sypaadjie aan ’n asma-aanval oorlede. Helder oordag. Skaars 200m van die naaste dokter se spreekkamer af. In die uur wat sy daar gelê het, het bykans 200 voertuie daar verbygery.

’n Sekuriteitswag het, tweerigtingradio in die hand, saam met ’n magdom ander mense die episode gadegeslaan.

Meneer in die Isuzu – gaan jy ten minste ’n naamlose donasie aan die DBV of die Wellington dierehospitaal (wat die hond geopereer het) maak – of gaan jy, soos Koos Kombuis, sê “…almal sê die lewe is eers more…”

Jakes




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za