Young Peoples nie op hul beste
2009-05-07
YOUNG PEOPLES se onvermoë om wegwedstryde te wen het verlede Vrydag op Kuilsrivier voortgeduur toe hulle met 16-31 teen die tuisspan vasgeval het. Die Tiere het goed begin en die tuisspan binne die eerste 20 minute deurgaans onder druk binne hulle eie kwartgebied gehou. Swak hanteerwerk het egter veroorsaak dat Peoples nie enige punte kon aanteken nie. Gebrekkige verdediging agterlangs het veroorsaak dat Peoples rustyd 3-16 agter was. In die tweede helfte het die Tiere met hernude vuur gespeel en drieë deur Jody Davids en Luantion Abelse het die telling laat krimp na 16-21. Kuilsrivier het egter onmiddellik ná die afskop weer gaan druk toe die voorspelers van Peoples nie die bal kon bemeester nie. In die tweede helfte het die Tiere swaar geleef in die skrums en toegelaat dat Kuilsrivier hul vierde drie druk om die wedstryd met 16-31 te wen. Peoples se Oswill Thomas en die kaptein, Barry William,s het deurgaans hard probeer, maar die aanslag van die tuisspan was net te groot. ’n Groot bron van kommer vir die Tiere was die verdediging om die losgemale en in die middelveld. Peoples II het 15-11 gewen,Peoples III het 3-20 verloor en die o.20’s het 10-49 verloor. Die stryd van die Tiere vind Vrydagaand op Ravensmead plaas wanneer die Tiere van Peoples en die Tiere van Tygerberg kragte meet. Die bus vetrek 17:00 uit Groenheuwel en kostes beloop. R20 vir toeskouers.
More
News
|