Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Villagers vind steeds nie voete

Villagers vind steeds nie voete
 
2009-05-07


’N BEGEESTERDE Collegians het verlede Vrydag daarvoor gesorg dat Pniel Villagers steeds nie hul eerste sege vir die seisoen in die Superliga-B kon behaal nie.

Villagers het 10-28 vasgeval.

Pniel het vir ’n groot deel van die eerste helfte gebiedsvoordeel geniet en op ’n stadium met 3-0 voorgeloop, maar soos alte dikwels dié seisoen kon die voordeel nie in punte omskep word nie.

Villagers het net hulself te blameer vir hierdie nederlaag aangesien onoordeelkundige foute gelei het tot twee verdoelde drieë deur die tuisspan, wat die rustyd-telling tot op 14-3 gebring het.

Collegians se giftige agterlyn het die bal goed versprei en Pniel moes hul keer ken.

Al die gate kon egter nie deur Villagers toegestop word nie en ’n verdere twee doele is deur die tuisspan behaal.

Pniel het self met ’n doel geantwoord wat die eindtelling op 28-10 te staan gebring het.

Puntemakers vir Villagers was Clint Palm-kantman (drie) en Riaan Windvogel (een strafskop en ’n doelskop).




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za