Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Standards pronk bo aan punteleer

Standards pronk bo aan punteleer
 
2009-05-07


DIE eerste rugbyspan van Young Standards is tans bo aan die punteleer van die Paarl Streekkompetisie, nadat hulle Saterdag met 26-10 klaargespeel het met die sterk span van Riverstones.

Die wedstryd, wat plaasgevind het op die Daljosafat-stadion, was in die eerste helfte ’n baie gelykop stryd, met Riverstones wat 10-9 voorgeloop het teen rustyd.

In die tweede helfte het Standards besluit om beheer van sake te neem en het sodoende die wind uit hul opponente se seile gehaal met harde en aggressiewe voorspelerspel.

Vir Standards het Ferris Adams ’n drie onder die pale gedruk, met Gaveron Sherman wat die doodskoot gegee het met ’n goed afgeronde drie.

Bevan Francis was welverdiend aangewys as die speler van die wedstryd, met sy skopvertoning wat 100% op stryk was. Francis het twee doelskoppe en vier strafdoele deur die mikke gejaag.

Standards se tweede (15-12) en derde span (15-12) was albei ook aan die wenkant.

Saterdag speel Standards in ’n wegwedstryd teen Allandale.

Riverstones meet kragte met Windmeul op die Dal.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za