Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Oudisies vir Kersvertoning

Oudisies vir Kersvertoning
 
2009-05-07


DIE Wellingtonse Breytenbach-sentrum bied in November vanjaar ’n spesiale Kersvertoning aan, naamlik Krismis die musical.

Vir hierdie produksie, moontlik gemaak deur die Nasionale Kunsteraad, is die sentrum nou op soek na jong talent en nooi hulle laer- en hoërskoolleerders van Wellington en omgewing uit om op 14 en 15 Mei (15:00 tot 17:00) en 16 Mei (10:00 tot 12:00) oudisies te kom doen.

Krismis die musical sal bestaan uit uitgebreide repetisies van ’n nuutgeskrewe teks met musiek deur Adriaan Meyer, Riana Scheepers en Niël Rademan.

Die produksie sal op die Breytenbach-sentrum se perseel plaasvind en gehore sal tydens die vertoning van die een punt na die ander kan beweeg waar afsonderlike groepe die Kersfees-verhaal sal uitspeel.

Groot sterre soos Nataniël, Lize Beekman en Rocco de Villiers sal ook hul verskyning maak.

Alle kaartjie-inkomste sal aan Kinderwelsyn geskenk word.

Krismis die musical is een van die Breytenbach-sentrum se gemeenskapsprojekte en beoog om die uiteenlopende Wellingtonse gemeenskappe op verskeie maniere te betrek, bloot te stel en te bemagtig. Daarom is hierdie projek baie meer as net ’n eenmalige vertoning en word daar beoog om op en agter die verhoog vaardighede vir mense aan te leer wat ook tot werkskepping kan lei.

’n Groep werklose vroue sal ook geleer word hoe om onder meer kostuums te ontwerp, ander sal leer hoe om verhooggrimering te doen en verskeie verhoogitems te maak.

Alle skole word uitgenooi om deel te neem aan die projek om leerders ’n podium te bied waar hulle kan uiting gee aan hulle drama- en musiektalente en so ook leerders op dié gebied te stimileer. Daar is geen kostes aan verbonde nie, maar leerders sal hulself wel moet verbind tot stiptelike repetisietye.

Die leerders kan verder enige kort voordragstuk, dansie of liedjie tydens die oudisies kom lewer.

Om deel te neem of verdere inligting te kry, skakel Theo Kemp by 021-873-2786 of e-pos theo­ kemp@breytenbachsentrum. co.za.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za