OP Saterdag 16 Mei om 20:00 bied die Breytenbach-sentrum se Bôrdienghuis-teaterkafee op Wellington die produksie, Prente by ’n Uitstalling, aan met Philip de Vos en Tertia Visser-Downie.
De Vos het vir sy sewentigste verjaarsdag spesiaal tekste geskryf om Mussorgsky se Prente by ’n Uitstalling te begelei.
Hierdie werk bestaan uit tien verse, wat insluit Die Ou Kasteel, Die Heks Baba-Jaga, en Skinderbekke asook vyf tussenspele.
Visser-Downie is die pianiste en De Vos lees sy verskillende verse tussen elke klavier-beweging van hierdie interessante en briljante klavierwerk.
Die produksie is beide liries en humoristies en is ’n uitstekende kombinasie van woordkuns en van klassieke musiek.
Kaartjies beloop R80 per persoon.
Besprekings en navrae kan gedoen word by 021-808-2901 of 021-873-6159.