DIE Breytenbach-sentrum bied tans ’n groep-uitstalling, “Die Bôrders”, met Desiree Malan, George Meyer, Domingo Fyle, Gavin John Risi en Harriet Remmets aan.
Hierdie uiteenlopende groep visuele kunstenaars het een ding gemeen: Die Breytenbach-sentrum.
Elkeen van hierdie uitsonderlike kunstenaars het ’n werkswinkel in die sentrum waar hulle ook intensief betrokke is by gemeenskapswerk. Nou span hulle vir die eerste keer kragte saam in ’n opwindende diverse uitstalling.
Die uitstalling duur tot 17 Mei. Vir meer inligting, besoek www.breytenbachsentrum. co.za of kontak die sentrum by 021-873-2786.