Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Oupa en Ouma sit op die stoep

Oupa en Ouma sit op die stoep
 
2009-05-07


DIE toneelstuk Oupa en Ouma sit op die Stoep is op 4 Junie te sien in die Ou Meul-teater, met die legendariese akteurspaar Johan en Lida Botha in die hoofrolle.

Die toneelstuk, gegrond op die RSG vervolgverhaal Kniediep, die storie van Stanley en Debora Vermeulen wat al meer as 40 jaar getroud is. Na 40 jaar saam is hulle steeds baie gelukkig al wonder hul soms hoekom.

Hulle’s nie net die Oupa en Ouma wat jou as kind beskerm as jy stout was nie, maar ook die enigste twee mense wat vir Ma en Pa mag sê wat om te doen. Oupa en Ouma na wie ons altyd opgekyk het, maar nou buk ons as ons hulle wil soen.

Hulle wat jou die verskil geleer het tussen draadloos en radio, maar self net draadloos luister. Bespreek by Vicky Stemmet by 083-564-0056.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za