DIS die vyfde Pop Idols konsert in Poppeland! Almal is vreeslik opgewonde, maar sal Boempie Brulpadda, die wafferse Opera-koning van Breek-’n-Plank Popteater se keelseer verby wees sodat hy kan deelneem? Of gaan hy alweer die maatjies se hulp nodig hê?
Pop Idols is ’n heerlike poppekaskonsert met karakters soos Fieterfooi, Sina Slang, Boempie Brulpadda en vele meer en natuurlik ’n lewendige orkes!
Dit durf nie misgeloop word nie, die spanning is hoog en die poppe spog met helder kleure en vars grappies uit Poppeland.
Oud en jonk kan Saterdag 9 Mei om 10:00 by die Ou Meul-teater die Pop Idols kom geniet.
Kaartjies kos R25 per persoon en besprekings kan by Vicky by 083-564-0056 gedoen word.