Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Pa en seun saam skuldig aan bedrog

Pa en seun saam skuldig aan bedrog
 
2009-05-07

Liezl Dyson

’n PA en seun van Wellington, Schalk en Maritz Crouse, is verlede week in die Paarlse Streekhof skuldig bevind op aanklagte van bedrog en vervalsing.

Schalk Crouse het in Junie 2002 ’n afbetalingsooreenkoms met Bankfin Bellville aangegaan vir die bedrag van R111 948 om die koop van ’n PABX telefoonskakelbord vir ’n onderneming waarin hy ’n aandeel gehad het, Crest Security in die Paarl, te finansier.

Crest Security is besit deur Eezy Rand BK met Pieter Hugo van der Merwe en Schalk Crouse as die grootste aandeelhouers.

Die skakelbord sou verskaf word deur die firma HQ Computer Technologies CC, waarin sy seun Maritz ’n aandeel gehad het.

Die geld is aan HQ oorbetaal, maar die fondse is sonder Van der Merwe se medewete aan Schalk oorbetaal en vir persoonlike gewin aangewend. Geen skakelbord is verskaf nie.

Hulle is albei ook aan vervalsing skuldig bevind weens die vervalsing van ’n faktuur vir R111 948.

Schalk Crouse is gevonnis tot drie jaar korrektiewe toesig en sal vir die volle drie jaar onder huisarres geplaas word. Hy mag slegs sy huis verlaat om werk toe te gaan, vir gemeenskapsdiens, om programme en kerkbyeenkomste by te woon en om sy huishoudelike benodigdhede te koop.

Hy moet ook vir minstens 16 ure ’n week gemeenskapsdiens verrig.

Maritz Crouse, sy seun, is gevonnis tot drie jaar tronkstraf, opgeskort vir vyf jaar.

Niel Louwrens, wat die twee beskuldigdes verteenwoordig het, het namens sy kliënte aansoek gedoen om te appelleer. Dié aansoek is toegestaan deur streeklanddros Annemarie Immelman.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za