Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Raaiseldood van tiener ná troue

Raaiseldood van tiener ná troue
 
2009-05-07

Lise Beyers

’n SEUN is onder vreemde omstandighede dood, nadat hy na bewering in ’n motor ingebreek het.

Adriaan Plaatjies (17) van die plaas Groenfontein, is vyf weke gelede op heterdaad betrap toe hy in ’n bakkie ingebreek het, by ’n troue by die onthaalsentrum Rusticana, buitekant Klapmuts.

Plaatjies het al vantevore met die gereg gebots, nadat hy by motors, ook tydens onthale by Rusticana, ingebreek het.

Dié aand is Plaatjies weer na hierdie onthaalsentrum saam met ’n vriend Brendan Human.

Terwyl Human wag gestaan het, het Plaatjies glo by ’n bakkie ingebreek wat ’n ent weg van Rusticana geparkeer was op die plaas Voëlgesang.

Die voertuig se alarm is geaktiveer, en Plaatjies is toe binne die motor vasgekeer.

Die alarm het gaste van die onthaal na buite gelok, en die eienaar van die bakkie het vir Plaatjies binne sy voertuig betrap.

Die seun is bevry, maar nie voordat harde woorde geval het nie.

Maar die volgende oggend het ’n groep mense wat hul honde met ’n slee laat hardloop het op ’n grondpad naby Joostenberg-vlakte, op Plaatjies afgekom waar hy op sy rug onder ’n draad lê.

Dit was sowat 4km vanaf Rusticana.

Hy het gekreun van ’n pyn op sy maag en het glo erg na drank geruik.Die honde-mense het probeer om vir hom gemaklik te maak, maar toe hulle weer kyk was hy dood.

Met ’n lykskouing is daar vasgestel dat Plaatjies aan ’n harde hou op sy lewer dood is.

Klapmuts polisie volg nou alle leidrade, vanaf Rusticana tot by Plaatjies se sterftoneel, om die stukke van die legkaart bymekaar te sit, om vas te stel wat daardie noodlottige aand tot die seun se dood gelei het.

* A boy died after breaking into a motor vehicle near Klapmuts.


More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za