DIE semi-finaliste vir Miss Winelands 2009 en Miss Winelands Teen 2009 word op Vrydag 8 Mei om 17:30 in die Edgars Court by die Paarl Mall aangekondig.
Deelnemers wat kwalifiseer as semi-finaliste in beide afdelings sal dan voorgestel word aan die publiek wat kans sal kry om hul eie gunsteling aan te wys, wat as “the people’s choice” bekend sal staan. Hierdie meisies sal outomaties as een van 12 finaliste kwalifiseer vir die finale ronde.
Die finaliste sal ’n vol program hę, wat onder andere ondersteuning (fondsinsameling en besoeke) aan Miqlat Bowy House in Hoofstraat insluit, asook ander funksies en ’n modeparade.
Die kroningsaand is op 14 Augustus in die Paarlse Stadsaal.
Enigeen wat hierdie saak wil ondersteun kan Rietha by 083-460-2324 of Rixi by 083-556-0511 of per e-pos info@misswinelands .co.za kontak.