Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Gru-ongeluk beseer 10

Gru-ongeluk beseer 10
 
2009-05-07

Lise Beyers

GRU-TONELE het eergister afgespeel op die Simondium-pad ná ’n ongeluk tussen ’n minibus-taxi en ’n vragmotor.

Talle bebloede, kreunende pasiënte het langs die wrak van die taxi gesit en wag op behandeling.

Volgens ooggetuies het ’n taxi wat in die rigting van die Paarl gery het, ’n vragmotor probeer verbysteek. Die vragmotor het egter begin indraai na die ingang van die Rhodes Food Group beesplaas en die taxi op die sy getref.

Die taxi het omgeslaan en talle insittendes is uitgeslinger.

Dit is steeds onseker of die vragmotorbestuurder sy flikkerlig aangeskakel het om aan te dui dat hy gaan draai.

Reddingsbeamptes vanaf Paarl en Stellenbosch het na die toneel gesnel om die beseerdes te behandel.

Altesame tien mense is beseer, waarvan twee ernstig. Hulle is na hospitale in die Paarl en Stellenbosch vervoer.

* In nog ’n ongeluk, is die ma van die plaaslike rugbyster Wayne Julies ernstig beseer tydens ’n ongeluk Sondag in Langenhovenweg, Paarl.

Rachel Matthews en haar man Bernard se Nissan 1400 bakkie is deur ’n ander motor getref by die kruising van Langenhovenlaan en Van der Stelstraat.

Rachel is vir sowat ’n driekwartier in die voertuig vasgepen terwyl reddingswerkers haar probeer bevry het. Sy het verskeie gesigsbeserings opgedoen, asook beenbreuke, en is in ’n ernstige toestand na die Paarl Hospitaal geneem.

Die bestuurder van die ander motor is ongedeerd. ’n Saak van roekelose, nalatige bestuur word ondersoek.

Bernard het ’n nekbesering opgedoen, maar is reeds dieselfde aand uit die hospitaal ontslaan.

Wayne, wat tans rugby speel vir die Blou Bulle, het nadat hy die nuus van die ongeluk ontvang het, ’n vlug na Kaapstad gehaal om by sy ma te wees.

Haar toestand is bevredigend.

* Two people were seriously injured in a taxi accident in Simondium.


More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za