* Wil almal net gerusstel oor die ligte op Paasmaandag. Dit was papierlanterns wat ek en my familie aangesteek het net vir die pret. Jy koop dit by “events” plekke.
* Nog steeds geen spoedkamera in Langenhovenweg aangebring! Wel, wie gee eintlik om? Cathy
* Hoe nou gemaak as party mense te breed is, en die taxibestuurder weier om te ry voordat vier mense op daai bankie inskuif? Laat die grotes dubbeld betaal!
* Jason is nes Anke - dié Idol gaan nêrens kom nie. Daai SMS-stemme is gekook.
* Pieter - het jy Saterdagoggend die mooi rugby van Nieu-Seelandse spanne gesien. Nie boere-stampkar- en skop-rugby nie. Laat ’n mens terug verlang na die ou Coloured rugby. Gerry Paarl