Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Padwoede pla

Padwoede pla
 
2009-05-14


ABSOLUUT wetsgehoorsaam en gedagtig aan ’n onlangse boete van R400 wat ’n kollega op dieselfde plek gekry het, ry ek saam met drie vroulike passasiers toe mooitjies presies 60 km per uur, soos die horde spoedborde aantoon, by die padwerke op die N1 Kaap toe.

Ry ’n groot 4x4 styf agter my op die enkelbaan en gedryf deur ’n buite-aardse ongeduldigheid wil-wil hy sommer so op die gruis verbygaan. So nou en dan, op die plekke waar ek nog nooit voorheen die spoedkamera gesien het nie, stoot ek so bietjie aan na 70 km per uur om die vreeslik ongeduldige ryer ’n bietjie te troos.

Geen sirene en geen noodligte aan sy voertuig, kruie ek toe maar heel wetsgehoorsaam aan, want dit is nie in my aard om onnodige donasies aan ons Verkeersafdeling te maak nie.

Groot was ons verbasing, toe ons die einde van die padwerke bereik en ons na die toegelate 120 km terugkeer, toe die “Opgevoede’’ manlike bestuurder langs my kom ry en my heel verontwaardig die middelvinger wys.

Ek was so verbaas en stomgeslaan dat ek skoon nagelaat het om sy registrasienommer te memoriseer.

Skaars ’n dag later, met my vrou saam op pad Kaap toe, sien ek toe twee motorryers in bakkies, ’n oue en ’n splinternuwe, in ’n soortgelyke onderonsie van padwoede op dieselfde stuk pad.

Dit het gebeur toe die klein ouer bakkie skeef-skeef voor ons almal ingedruk het reg daar waar die pad vernou tot ’n enkelbaan en die nuwe bakkie, ook ’n 4x4, sommer op die gruis-middelman verbygesteek het.

Dis toe dié twee die heel pad tot by die einde van die padwerke vir mekaar vuiste wys dat ek gedog het hulle is skoon die kluts kwyt. Nou het ek al alles gesien!

Abie Martin




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za