Die toneelsltuk Rooikappie en die wolf is op Saterdag 23 Mei om 10:00 by die Ou Meul-teater te sien.
Dié klassieke sprokie, is tot ’n vermaaklike toneelstuk verwerk deur Gaerin Hauptfleisch, wat ook die regie behartig en selfs een of twee verrassende verskynings op die verhoog maak.
Soos in die die sprokie dwaal Rooikappie van die pad af as sy medisyne vir haar siek ouma neem, en verdwaal in die bos.
Hier kom sy nare Dolf, die woeste wolf teë, wat blitsvinnig ’n plan smee om haar en haar siek ouma as smaaklike happie te geniet, dalk met ’n sopie plantwortel-jenewer, want hy hou daarvan so.
Gehore sal dan maar net moet sien of die houtkapper en van die ander bosbewoners wat Rooikappie teëkom haar en haar ouma kan red van Dolf die wolf se onderduimse planne.
Die ander lede van die gedugte professionele akteurspan is Esther von Waltsleben, Stephanie Hough en Jan-Hendrik Opperman.
Die produksie word vervaardig en aangebied deur Spektrum en Stercus produksies.
Kaartjies kan teen R35 by Vicky Stemmet by 083-564-0056 of vstemmet@gmail.com bespreek word.