’n KONSERT getitel Classics 2 Cabaret word op 28 Mei in die ouditorium van Gimnasium aangebied om 19:30 met sanger André Terblanche. Johann Enslin en Winand Grundling sal op die klavier wees en Petrus Coetzee op viool.
Die opbrengs is ten bate van Hoërskool Gimnasium se gospelband G4J (Gimnasium-vir-Jesus) wat in Junie op ’n uitreiktoer na Namibië gaan.
Kaartjies kos R35 (R20 vir skoliere of studente). Bespreek by Musik-Lood by 021-872-1610.