Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Afrikaanse diva op die planke

Afrikaanse diva op die planke
 
2009-05-14


DIE Breytenbach-sentrum op Wellington se teaterkafee, Die Bôrdienghuis, het geen tekort aan musiekproduksies om die winteraande warm te maak nie.

Die Afrikaanse diva, Sarah Theron, sal op Vrydag 22 Mei om 20:00 by die sentrum optree en liedjies sing van haar nuwe CD, Sit die ketel aan.

Met hierdie musiek verruim Theron die ritme en blues-tradisie in Afrikaans.

Oor die vreemde CD-titel lag Theron en sê dat dit ’n sê-ding van haar suster, Johanna, is wat gewoonlik laat weet hulle “is om die draai, sit solank die ketel aan.”

Hierdie musiek is op die tong van die volksmond en uit die hart van ’n Boere-Diva.

Kaartjies is R80 by 021-808-2901 of stuur ’n e-pos na teater@breytenbachsen trum.co.za of besoek www.breytenbach ­sentrum.co.za.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za